Nampol se kadetkonstabels begin aanmeld
Die kadetkonstabels van die Namibiese polisie moet vanaf vandag tot Sondag in Windhoek by die Ruben Danger Ashipala-polisie-opleidingsentrum aanmeld en op Ondangwa by die Pius Joseph Kaundu-sentrum. Hulle is slegs diegene wie se name op die naamlyste verskyn. Daar is ‘n hele paar voorwaardes: Geen selfone, eie voertuie, skootrekenaars of rekenaars, wapens of skerp voorwerpe mag na die opleidingsentrums geneem word nie. Verder moet vroue slegs natuurlike haarstyle hê met geen pruike, verlengings en vlegsels nie, terwyl mans se haarstyl borselkop moet wees. Hulle moet toepaslike klere saamneem wat die weerstoestande in Windhoek en Ondangwa in ag neem.