Nampol oor reise van toeriste in en uit beperkte gebiede
Kommisaris Joseph Shikongo adjunk-inspekteur-generaal van Nampol het vanoggend bevestig dat die verskillende padblokkades ingelig is oor die nuwe Covid-19-regulasies wat spesifiek toeriste raak. Hy het ook bevestig dat onder andere vliegkaartjies en bewyse en bevestiging van besprekings aanvaar sal word vir reise in en uit beperkte gebiede. Volgens Shikongo was daar dusver geen noemenswaardige probleme by padblokkades in die verband nie.