Nampol ook in die noorde bedrywig in feestyd
Die Namibiese polisie fokus nie net op die kusgebiede tydens die feesseisoen nie, maar het ook planne in plek om misdaad in die noordelike streke te bekamp. Die Oshikoto-polisie se streekbevelvoerder, kommissaris Teopolina Kalompo-Nashikaku, sê geteikende misdaadvoorkomings-ingrypings is ingestel. Mans en vroue in uniform sal regoor die streek ontplooi word om polisiesigbaarheid te verseker en misdaadvoorvalle te minimaliseer. Daar gaan ook verskeie permanente en sporadiese padblokkades wees wat ongelisensieerde bestuurders, bestuur onder die invloed van alkohol en oorlading sal teiken.