Nampol ondersoek bloedskande-verkragtingsaak

Nog ‘n gru-voorval van vremeende verkragting is aangemeld. Die polisie in die Oshikoto-streek stel ondersoek in na ‘n voorval waar ‘n 39-jarige pa blykbaar sy 15-jarige dogter verkrag het. Volgens die mag het die kind haar pa vir die naweek besoek en sy huis het net een slaapkamer. Die twee het in dieselfde bed geslaap en die voorval het toe plaasgevind. Die twee was volgens wat berig word alleen in die huis. Geen arrestasie is gemaak nie en die ondersoek duur voort.