NamPol, NamRA onderskep N$6,5 miljoen se dagga
NamPol en NamRA het nog twee groot dagga-vondse aangekondig. Beamptes het Dinsdag 120,62kg dagga ter waarde van 6 miljoen Namibiese dollar in ‘n vragmotor in Newcastlestraat in Windhoek se noordelike industriële gebied onderskep. Drie Zimbabwiërs is gearresteer en sal vandag in die Windhoekse landdroshof verskyn. Beamptes het vanoggend net na middernag ‘n vragmotor naby die Ariamsvlei grenspos gestop en 100,40kg dagga ter waarde van N$500 000 gekonfiskeer. ‘n Suid-Afrikaner is in hegtenis geneem. Hy sal môre in die landdroshof in Keetmanshoop verskyn. Beide operasies was intelligensie-gedrewe en die publiek word bedank vir hulle samewerking.