Nampol-lid verskyn na mislukte selfmoord-poging

’n 37-jarige polisiebeampte sal na verwagting vandag in die Keetmanshoop-landdroshof verskyn omdat hy na bewering ’n polisievoertuig aan die brand gesteek het. Die beampte het na bewering die voertuig in die veld in gery en dit aan die brand gesteek met die doel om selfmoord te pleeg. Die voorval het in die industriële gebied van Keetmanshoop in die vroeë oggendure plaasgevind. Die rusie met sy meisie het blykbaar die poging veroorsaak maar, toe die voertuig begin warm word het hy uitgespring, Hy kon nie die brand blus nie.