Nampol koop talle voertuie aan, sonder openbare tenders

Die Tender Bulletin berig dat die Namibiese polisie 101 miljoen Namibiese dollar op 135 voertuie bestee het, sonder ‘n enkele openbare tender. Die jongste rondte van aankope van 27 voertuie het 11 miljoen dollar gekos met die 2,5 miljoen dollar Mercedes Benz vir inspekteur-generaal Joseph Shikongo. Kosmos 94.1 Nuus het onlangs oor die voertuig berig terwyl die polisie in die noodelike streke gekla het oor ‘n tekort aan voertuie en die nodige toerusting. Die voertuig is kort na Shikongo se Desember 2022-motorongeluk, waarin drie dood is, aangeskaf. Die polisie word gereeld geroskam omdat hulle nie hulle pligte uitvoer nie en daar word gereeld melding gemaak van ‘n tekort aan veral voertuie. Die jongste aankope sal 113 voertuie, drie bote en twee sleepwaens tot die mag toevoeg.