Nampol jaag, skiet op stropers, beseer een en vind ivoor

‘n Vermeende Namibiese ivoorsmokkelaar is by Macaravan-wes by Katima Mulilo in die Zambezi-streek in die been beseer toe hy van beamptes van die omgewingsministerie en Nampol se eenheid vir beskermde hulpbronlede gevlug het. Hulle het deur ‘n intelligensie-geleide operasie verdagtes agtervolg wat sonder permit in besit van olifanttande was. Waarskuwingskote is glo geskiet om die verdagtes te keer om te vlug, maar hulle het in verskillende rigtings weggehardloop. ‘n Verdagte is in die been getref is en gearresteer. Hy is dadelik na die Katima Mulilo-staatshospitaal vervoer vir behandeling en word vir waarneming aangehou. Die olifanttande is op die toneel gevind.