Nampol jaag en vang drie bekende misdadigers

Die Oshikoto-polisie het ‘n groot sukses aangeteken na drie bekende misdadigers by Oshivelo aangekeer is. Die drie het Amok gemaak en twee rooftogte gepleeg voordat hulle agterna gesit is, op pad Suid. Hulle is gevind met verskeie selfone, kontant en ‘n motorhek-afstandbeheer. Hulle word aangekla van gewapende roof met verswarende omstandighede in beide Oshakati en Ondangwa maar het ook bestaande moord-, poging tot moord-, roof-, en ontsnappingsklagtes teen hulle. Hulle is tussen die ouderdomme van 24 en 31.