NamPol gereed vir verkiesings

Die Namibiese Polisiemag ‘n pers-inligtingsessie in die hoofstad gehou oor die veiligheidsgroepering se gereedheid vir die verkiesings komende Woensdag. Generaal-majoor Elias Mutota, adjunk-inspekteur-generaal vir operasies, het ‘n oorsig gegee van die totale aantal polisiebeamptes wat oor die land ontplooi is.

Mutota het lede van die publiek versoek om nie in party-kleure op te daag nie.