Nampol en boere hou misdaadvergadering in Otjozondjupa
Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua en generaal majoor Joseph Shikongo, hoof van operasies van die Namibiese polisie, gaan op Maandag 6 Junie ‘n vergadering met boere oor misdaad op plase hou. Die vergadering vind plaas by die Khoi Khoi-gastehuis naby die B2Gold-myn tussen Otavi en Otjiwarongo. Misdaad op Namibiese plase neem toe, veral rakende veediefstal, wildstropery en rooftogte. Boere meen patrollies in landelike gebiede moet versterk word. Uerikua gesels met Kosmos 94.1 Nuus.