Nampol blyk om Kavango Oos oor te sien

Terwyl die Namibiese polisie onlangs 135 voertuie ter waarde van 101 miljoen Namibiese dollar sonder enige openbare tender aangekoop het, blyk dit nie asof die Kavango Oos-streek daarby ingesluit is nie. Daar is net een voertuig, ‘n 4×4 bakkie wat nodig is vir die terrein, wat die dorp en sy omliggende gebied, sowel as die drie polisiestasies moet bedien. Twee nuwe polisiestasies is verlede jaar in die dorp gebou vir beter dienslewering maar die streek het ‘n tekort van 2 373 beamptes. Daar moet net meer as 3 000 wees maar daar is 665. Speurders, wat net 50 sake op ‘n slag mag hanteer sit nou almal met 250 ondersoeke, elk.