NamPol, Angola polisie kry gesteelde kar vinnig terug
NamPol, in samewerking met hul Angolese eweknieë, het ‘n Toyota Corolla teruggevind wat Vrydagaand in Ondangwa gesteel is. NamPol se Oshana gemeenskapspolisiëring-onderafdeling inspekteur, Frieda Shikole, sê die voertuig van sowat 40 000 Namibiese dollar, is gesteel by uitbreiding 6 in Omwandi, en is Sondag in die suidelike dele van Angola teruggevind. Die eienaar het die voertuig Vrydagaand by sy huis parkeer, maar die volgende oggend was dit skoonveld. Voetspore het gewys dat twee verdagtes die kar by die erf uitgestoot het voordat hulle weggery het.Die polisie-ondersoek duur voort.