Nampo Oesdag gekanselleer

Nog landbounuus: Die Nampo Oesdag wat in Augustus vanjaar moes plaasvind is gekanselleer weens die derde Covid-19-vlaag in Suid-Afrika. Die bestuurder van graanekonomie en bemarking by Graan SA, Dirk Strydom, sê die visier is nou ingestel op 2022 met meer as 750 uitstallers wat aan hierdie landbouskou deelneem. Volgens die uitvoerende hoof van Bothaville Info, Hanlie Mouton, sal die kansellasie van die landbouskou ‘n nadelige uitwerking op Bothaville en omliggende dorpe soos Klerksdorp, Potchefstroom en Welkom hê. Die geleentheid lok gewoonlik meer as 70 000 besoekers oor ‘n tydperk van vier dae.