NamLITS-opknapping voltooi, landbou vra om verskoning vir ongerief

Die landbou-ministerie het aangekondig dat die Namibië vee-identifikasie en naspeurbaarheid-stelsel, NamLITS, weer aanlyn is ná geskeduleerde instandhouding. Die onderbreking het verskeie dienste geraak wat deur die direktoraat veeartsenydienste en die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad verskaf word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Simon Nghipandulwa, die ministerie se woordvoerder, wat boere om verskoning vra vir die ongerief.