Namises sê ECN het haar stilgemaak

Die nuutgestigte politieke party, Voice of Namibia, onder leiding van die maatskaplike werker Rosa Namises, neem nie aan die verkiesings deel nie omdat dit nie op die lys van partye is wat deur die Verkiesingskommissie bekendgemaak is nie. Volgens Namises het die party aan alle vereistes ingevolge die Kieswet voldoen en sy registrasieversoek ’n maand gelede ingedien. Die party het egter nog geen amptelike terugvoering van die kommissie ontvang nie, ondanks talle pogings om hulle te kontak. Kosmos 94.1 Nuus het met Namises gepraat, wat sê hulle stem is stilgemaak.