Namibiese vroueregters by hooggeregshof aangestel

Namibië het sy eerste twee vroue-regters in die hooggeregshof gekry. Regters Esi Schimming-Chase en Hannelie Prinsloo het vanoggend hul eed afgelê. Prinsloo is sedert April 2017 ‘n hoërhofregter met Schimming-Chase wat in 2021 aangestel is. Albei sal nou tot volgende jaar April op die hooggeregshofbank dien. Die Zimbabwiese regter, Rita Makarau, is ook by die hooggeregshof aangestel. Sy dien tans op die regbank daardie land se Konstitusionele Hof. Sy moet nog haar eed plaaslik aflê.