Namibiese vroue koop huise, die mans karre: Uutoni

Erastus Uutoni, minister van stedelike en landelike ontwikkeling, prys Namibiese vroue omdat hulle die voortou neem met die bou van huise, terwyl meeste mans volgens hom die aankoop van motors prioritiseer. Hy het gepraat by die oorhandiging van 70 huise aan begunstigdes by Okahao in die Omusati-streek. Die Namibiese behuisingsonderneming het die huise teen ‘n koste van 27,3 miljoen Namibiese dollar gebou. Vroeër die week is daar 50 huise aan begunstigdes in Omuthiya oorhandig, en 24 huise by Ondangwa. Uutoni het ‘n beroep op die NHE gedoen om bekostigbare huise onder 500 000 dollar te bou om lae-inkomsteverdieners te akkommodeer.