Namibiese veearts bevestig daar is gebrek aan perdesiekte-enstof

Namibiese veearts bevestig daar is gebrek aan perdesiekte-enstof
‘n Namibiese veearts het bevestig daar ‘n gebrek aan entstof is om perde teen Afrika-perdesiekte in te ent. Februarie word as die hoogtepunt van die siekte beskou, en dit kan tot die eerste ryp van die seisoen duur. Perde moet in die winter ingeënt word, maar verlede jaar was daar ‘n tekort aan entstowwe. Dit is ‘n verwoestende siekte wat enorme lyding en baie vrektes veroorsaak onder perde in Afrika suid van die Sahara. Die besmette perde vrek binne ‘n paar dae. Dr. Theuns Laubscher, ‘n veearts van die Windhoek Veeartseny-kliniek sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die situasie vir Namibië lyk…