Namibiese top-boksers verdedig hul titels

Twee Namibiese top-boksers John John Paulinus en Charles Shinima sal die groot aantrekkingskragte van die MTC Nestor Sunshine Boxing Promotions Bonanza wees wat vir 12 Augustus in Windhoek beplan word. Paulinus sal sy WBO-titel teen Patrick Malale van die Demokratiese Republiek van die Kongo verdedig, terwyl Shinima ook in die kryt sal klim teen ‘n internasionale teenstander. Nestor Tobias, afrigter en promotor van die akademie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en nooi boks-entoesiaste uit na die opwindende bonanza.