Namibiese toerismesektor: Lande sluit grense oorhaastig

Die internasionale gemeenskap het baie vinnig gereageer met die bevestiging van die nuwe Covid-variant Omikron in Suider-Afrika en die streek in die sogenaamde rooi sone geplaas. Hierdie nuus was nie aangenaam vir die toerismebedryf nie, aangesien hulle voel dat hierdie besluit oorhaastig geneem is. Nathaly Ahrens van die Toerisme- en Safarivereniging, Tasa, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.