Namibiese toerismesektor geskok oor reisverbod

Die Namibiese toerismesektor is geskok omdat Namibië saam met Suid-Afrika en vier ander Suider-Afrikaanse lande vanaf vandag weer op verskeie lande se rooilys geplaas en alle vlugte opgehef is. Lande soos die Verenigde Koninkryk, Singapoer, Israel, Italië, Nederland, Oostenryk en die Tsjeggiese Republiek se regerings het die maatreël ingestel na Suid-Afrikaanse owerhede die nuwe Covid-Nu-variant bevestig het. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is ‘n groot terugslag vir die toerismesektor.

Sy sê die besluite oor die reisverbod is oorhaastig geneem.