Namibiese tennis gasheer vir junior Afrika-kampioenskap

Die Namibiese Tennisvereniging is die gasheer vir die Konfederasie van Afrikatennis se Suider-Afrikaanse Junior Individu- en Spankampioenskap. Die toernooi begin môre en duur tot 14 Januarie. Daar is 140 spelers van regoor Suider-Afrika wat deelneem in die onder-14 en onder-16 kategorieë. Behalwe vir die Namibiese spelers, word lande soos Suid-Afrika, Botswana, Lesotho, Angola, Mauritius, Mosambiek, Madagaskar en Zimbabwe verteenwoordig.