Namibiese swemspan ryg medaljes in by Cana in Luanda
Die Namibiese swemspan het reeds op die eerste dag van die Afrika Swem-federasie se Cana-kampioenskappe altesaam 24 medaljes verower. Volgens die Namibiese Swem-federasie is twee Namibiese rekords ook gebreek. Oliver Durand het sy eie rekord in die 800 meter vryslag vir seuns tussen 15 en 16 jaar oud verbeter. Ainoa Nakosho het ‘n nuwe rekord in die 800 meter vryslag vir meisies onder twaalf gebreek. Die vorige rekord het vir nege jaar gestaan. Die Cana-kampioenskappe vind in Luanda, Angola plaas.