Namibiese seuns vaar swakker op skool

Kommer heers oor Namibiese seuns wat swak akademies vaar. Om hierdie rede bied die Universiteit van Namibië se onderwys-fakulteit op 27 en 28 Maart ‘n seminaar by die Khomasdal-kampus aan om die kwessie aan te spreek. Die tema van die seminaar is “The Boys We Leave Behind: Findings and Recommendations from a National Study on Namibian Boys’ Education”. Dr. Marius Kudumo, wat deel was van Unam se navorsing, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor van die bevindinge.  

Dr. Kudumo sê die resultate en aanbevelings van studie sal tydens die seminaar gedeel word.