Namibiese privaatskole open ook hul deure  

Die Namibiese onderwyssektor is in volle swang in die nuwe skooljaar. Staatskole het verlede week geopen, asook sommige van die privaatskole regoor die land. Colette Rieckert van die Namibiese Privaatskole-vereniging sê aan Kosmos 94.1 Nuus by die privaatskole wat heropen het, het alles vlot verloop en sommige skole maak hul deure môre oop. Sy verwelkom ook nuwe privaatskole in die land.