Namibiese President veroordeel Moskou-terreur
President Nangolo Mbumba het die terreuraanval in Moskou waarin 133 mense dood is, veroordeel. In ‘n boodskap oor die aanval op ‘n volgepakte teater het hy sy meegevoel met die bedroefde families, President Vladmir Putin en die mense van Rusland uitgespreek. President Mbumba beskryf die aanval as ‘n gruwelike daad, wat volkome minagting van menselewe toon. Intussen het Die Russiese president belowe om diegene te straf wat verantwoordelik is vir die aanval. Vier mans is aangekeer terwyl hulle na Oekraïne probeer vlug het. Die aanvallers, met bande met die Islamitiese Staat, het die konsertgebou bestorm, op die skare losgebrand, en die gebou aan die brand gesteek. Putin het vandag tot ‘n nasionale dag van rou verklaar. Hy sê elf mense word aangehou, insluitend die vier gewapende mans.