Namibiese presidensie reageer met skerp verklaring oor bewerings teen president Geingob

Die Namibiese presidensie het gereageer op die bewerings wat teen president Hage Geingob gemaak word in ‘n berig op Al Jazeera se ondersoekende eenheid se webtuiste wat in samewerking met Georganiseerde Misdaad en Korrupsie Verslagdoeningsprojek en die Namibian dagblad gedoen is.Dit word in die presidensie se nuusvrystelling as sensasie wekkend ,onwaar en die ondermyning van joernalistieke etiek beskryf,wat duidelik daarop gerig is om lesers en gehore te trek en as ‘n patetiese poging om ordelike regering in die land te ondermyn.Die verklaring wys verder daarop dat Namibië onder die leierskap van president Geingob gekenmerk is deur goeie regering,en dat dr Geingob by verskeie geleenthede al genooi is om internasionaal aan teen-korrupsie geleenthede deel te neem.Die president het ook in sy termyn ferm opgetree teen bewerings van korrupsie soos die geval was teen verskeie voormalige ministers en hulle kantore in die Fishrot-skandaal.Die verklaring wys verder daarop dat Namibië deur ‘n grondwet wat die oppergesag van die wet waarborg regeer word.