Namibiese onderwysministerie werk hard aan skoolplasings

Die Namibiese onderwysministerie verstaan dat ouers en voogde gefrustreerd is oor skoolplasings. Duisende ouers regoor die land skarrel om plek vir hul kinders in skole te kry en sê hulle word herwaarts en derwaarts tussen skole en onderwyskantore gestuur. In die hoofstad het ouers die onderwysministerie versoek om tente beskikbaar te stel om hul kinders te akkommodeer. Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp sê aan Kosmos 94.1 Nuus ouers moet kalm bly terwyl die ministerie oplossings vir die skoolplasings vind.