Namibiese mynbousektor klim op beleggings-indeks
Die 2022 Fraser-instituut se opname van mynbou-maatskappye het getoon dat Namibië op die algehele Beleggings-aantreklikheids-indeks met sewe punte verbeter het van 52ste in 2021 tot 59ste in 2022. Op hierdie indeks was Namibië in die 38ste posisie uit 62 jurisdiksies, vergeleke met 59ste uit 84 in 2021. Namibië was sesde uit 16 Afrika-jurisdiksies oor algehele beleggings-aantreklikheid. Volgens die Namibiese Kamer van Mynwese is Namibië se prestasie in die 2022 Fraser-verslag redelik goed, hoewel dit beter kon gewees het. Die uitvoerende hoof van die kamer, Veston Malango het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…