Namibiese media het weer meeste persvryheid in Afrika
Die Namibiese inligtingsministerie is trots op Namibië wat weer die nommer-een-posisie op die Wêreld-persvryheids-ranglys in Afrika teruggewen het. Verlede jaar was Ghana nommer een in Afrika. Wêreldwyd is Namibië nou 22ste uit 180 lande op die ranglys, volgens Reporters Without Borders se 2023 Wêreld-persvryheids-indeks. Wêreld-persvryheidsdag word vandag herdenk. Die ministerie se skakelbeampte, Shoki Kandjimi deel ook meer oor die vestiging van die kantoor van die inligtingskommissaris…