Namibiese mans moet praat oor probleme
Erongo-goewerneur Neville Andre het mans landwyd aangemoedig om uit te reik vir ondersteuning met geestesgesondheidskwessies. Andre het die tweede byeenkoms van die Namibiese Nasionale Manskonferensie, wat op Swakopmund gehou is, toegespreek onder die tema ”Hou op om in stilte te ly en praat vir ‘n oplossing”. Andre sê geleenthede van hierdie aard is betekenisvol aangesien dit ‘n platform bied vir kwessie ssoos geslagsgeweld, selfmoord en geestesgesondheid, om betrokke te raak en oor te beraadslaag, wat mans in die samelewing toerus met uiters belangrike inligting