Namibiese kunstenaars kla oor kos en verblyf op Outapi

Die 33ste Namibiese Onafhanklikheidsvieringe vind môre op Outapi in die Omusati-streek plaas met 15 000 mense wat verwag word. Organiseerders sê alles verloop vlot in aanloop tot môre se herdenking, maar Namibiese kunstenaars kla dat die kos en verblyf wat aan hulle verskaf word, nie op standaard is nie. ‘n Groep van tien lede beweer hulle word slegs 5 500 Namibiese dollar vir hul optrede betaal wat 500 dollar per kunstenaar is. Intussen het ‘n regeringsbus op pad na Outapi by Otavi onklaar geraak.