Namibiese kos op die spyskaart by 2024 Jong Sjef Olimpiade

Benita Ishekwa, wat Namibië verteenwoordig by die 2024 Jong Sjef Olimpiade in Indië, waar verteenwoordigers van meer as 60 lande deelneem, gaan vanaand hoor of sy gekies is vir die finale rondes van die kompetisie. Die top-10 in die Trophy Cook Off asook die top-10 in die Trophy Plate-kompetisie word vanaand aangekondig. Ishekwa, ‘n student aan die Silver Spoon Hospitality Academy in die hoofstad, gaan ook vanaand saam met al die ander deelnemers in die buitelug tradisionele kosse van hul onderskeie lande voorberei. Sjef Terry Jenkinson van die Akademie, wat Ishekwa na die Olimpiade vergesel het, het meer inligting aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.