Namibiese kinders val uit na laerskool
Primêre onderwys het die grootste deel van die begroting vir die onderwysministerie gekry. Pre-primêre onderwys is 816,5 miljoen Namibiese dollar toegeken, of 4,4 persent van die ministerie se totale begroting. Daar is toenemende oproepe vir Namibië om sy belegging in grondleggende onderwys te verdubbel vir beter uitkomste. Dit is volgens Jacob Nyamadzawo, maatskaplike beleidsbestuurder van Unicef Namibië, wat die statistieke by ‘n begrotingsontleding en voorspraak-werksessie aangebied het. Nyamadzawo het ook statistieke vir skool-inskrywings en skoolverlating gegee.