Namibiese kinders glo ook by Stilfontein-myn
Berigte vanuit Suid-Afrika toon dat Namibiërs onder die 96 onwettige minderjarige myners in Stilfontein is. Volgens die Noordwes se maatskaplike ontwikkelingsdepartement is daar ook Mosambiekers, Zimbabwiërs en kinders van Lesotho onder die groep. Owerhede sê die kinders sal in veilige akkommodasie geplaas word tot die hofverrigtinge afgehandel is. Die dooiepunt by Stilfontein duur voort met 1 300 zama-zamas wat nog ondergronds is.