Namibiese kerke moet gerespekteer word

‘n Plaaslike kerk-koalisie meen kerke in Namibië moet ‘n sterker standpunt inneem teen homoseksualiteit en selfdegeslag-huwelike. Tydens ‘n mediakonferensie in die hoofstad het die geestelike gemeenskap hul reaksie oor die LGBTQ-gemeenskap se onlangse verhore in die hooggeregshof gegee. Hulle meen selfdegeslag-huwelike moet nooit in Namibië gewettig en erken word nie. Dr. Shirley Magazi van die Christian Coalition of Churches het gesê die kerk moet gerespekteer word.