Namibiese jagluiperdwelpie in Indië dood
Een van die vier Namibiese jagluiperd-welpies wat in Indië gebore is ná die verskuiwing van agt Namibiese jagluiperd na die land, is dood. Die oorsaak van die jongste vrekte is nog nie vasgestel nie. Dit is die vierde jagluiperd wat in Indië dood is. ‘n Wyfiejagluiperd uit Namibië is op 27 Maart aan ‘n nierkwaal dood. Twee Suid-Afrikaanse jagluiperds is in Maart en in April weens onderskeidelik siekte en tydens paring dood. Agt jagluiperds uit Namibië en 12 uit Suid-Afrika is na die Kuno Nasionale Park in Madhya Pradesh verskuif. Kommer bestaan oor die welsyn van die jagluiperds en dat hulle eerder weer verskuif behoort te word. ‘n Indiese wildlewe-bioloog, Ravi Chellam gee sy mening