Namibiese inligtingsminister spog met twee doktersgrade

Die Namibiese inligtingsminister, dr. Peya Mushelenga, het sy tweede doktorsgraad behaal, die keer in regte van die Universiteit van die Wes-Kaap. Dit is sy twaalfde graad. Sy tesis, Ondersoeker-aanklaer-samewerking: ‘n Raamwerk om Namibië se kriminele regsproses te verbeter, is die eerste van sy soort in Namibië.