Namibiese handelsbeleid onder die loep

Die Namibiese handelsministerie begin met die proses om ‘n handelsbeleid te ontwikkel om te definieer hoe die land sy handel met bilaterale, streeks- en multilaterale handelsvennote sal bedryf. Die handelsbeleid sal die volledige raamwerk van wette, regulasies, internasionale ooreenkomste en die regering se riglyne en uitsprake oor handel insluit. Hierdie spesifieke beleid sal ‘n sleutelrol speel in die vloei van goedere en dienste tussen Namibië en ander handelsvennote. Die ministerie hou môre ‘n slypskool om insette oor die konsepbeleidsdokument te verkry voordat dit aan die kabinet voorgelê word vir goedkeuring. Elijah Mukubonda, woordvoerder van die ministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…