Namibiese gesondheidsministerie monitor moontlike voorkoms van nuwe Covid-variant

Die Namibiese gesondheidsministerie monitor die situasie rondom die nuwe variant van
die koronavirus wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie as Omikron gedoop is. Die
ministerie sê in ‘n verklaring min inligting is nog oor die variant bekend en huidige
maatreels soos sosiale afstand en die dra van maskers moet streng gehandhaaf word.
Dit het beklemtoon die situasie word noukeurig gemonitor wat die genoomtoetsing van
weefselmonsters insluit. Die ministerie het inwoners voorts aangemoedig om hulle teen
Covid-19 te laat inent.