Namibiese gesondheidsministerie meld 184 nuwe gevalle aan

Die Namibiese gesondheidsministerie het 184 nuwe Covid-gevalle uit 3 108 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 5,9 persent verteenwoordig. Dit is 42,2 persent meer as wat die vorige dag aangemeld is. In die groep is 140 gevalle uit die Khomasstreek. Altesaam 19 studente het positief getoets, asook 13 toeriste, 12 leerders en gesondheidswerkers elk en twee onderwysers. Daar is nou 414 aktiewe gevalle, waarvan 20 pasiënte in hospitale is en een in ‘n hoësorgeenheid. Altesaam 314 899 persone is ten volle ingeënt.