Namibiese finansminister: Ekonomiese groei lê in groen waterstof

Lede van die Groen Waterstof-raad en Namibiese ministers het vandag by die Namibiese Beleggingsberaad in Dubai die Groen Waterstofplan aan moontlike beleggers voorgelê. Die beraad is deel van die Dubai Ekspo en is deur meer as 100 sleutelrolspelers en beleggers bygewoon. Die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, het tydens sy toespraak verduidelik die groen waterstofprojek gaan die ekonomiese struktuur van Namibië groei.