Namibiese ekonoom voorspel hoër graanpryse
‘n Namibiese ekonoom voorspel dat graanpyse wêreldwyd en plaaslik gaan styg. Dit volg nadat Rusland onttrek het aan ‘n internasionale ooreenkoms wat die veiligheid van Oekraïnse graan-uitvoere oor die Swartsee na wêreldmarkte gewaarborg het. Kiëf sê hy is besig om ‘n tydelike skeepsroete via Roemenië te beding. Graanpryse op wêreldmarkte het skerp gestyg nadat Rusland aan die ooreenkoms onttrek het. Volgens die jongste koringpryse op die Europese aandelebeurs, het dit met 8,2 persent geklim en mieliepryse is met 5,4 persent op. Kosmos 94.1 Nuus het met Salomo Hei, ekonoom High Economic Intelligence gepraat of Namibiërs bekommerd moet wees…