Namibiese ekonoom reageer op omstrede brandstofbergingstarief

Namibiese motoriste en besighede het sedert 2018 tot Oktober vanjaar 2,4 miljard Namibiese dollar aan die omstrede nasionale brandstofbergingsgeriewe op Walvisbaai betaal. Die brandstofbergingstarief is vervat in elke liter petrol of diesel wat in die land verkoop is. Die regering het deur die Ontwikkelingsbank van Namibië twee lenings van 2,8 miljard en 1,5 miljard Namibiese dollar gekry. Robert McGregor, ‘n ekonoom van Cirrus in Windhoek, gee sy reaksie in die verband.