Namibiese ekonoom reageer op kredietverlening vir privaatsektor

‘n Namibiese ekonoom het gereageer op kredietverlening vir die privaatsektor vir Februarie wat deur die Bank van Namibië bekend gemaak. Krediet het met 2,8 persent op ‘n jaargrondslag toegeneem, effe hoër as die 2,7 persent wat in Januarie aangeteken is. Maar, sou die krediet wat deur buitelanders in Namibië bygereken word dan het kredietverlening in Februarie met 7,1 persent gegroei. Die totale krediet wat aan die privaatsektor verleen is staan tans op 113,1 miljard Namibiese dollar. Robert McGregor ‘n ekonoom van Cirrus in Windhoek gesels met Kosmos 94.1 Nuus.