Namibiese ekonoom reageer op BBP-resultate

‘n Namibiese ekonoom reageer op die Namibië se Bruto Binnelandse Produk-resultate wat vandag vrygestel is, wat toon dat die ekonomie in die vierde kwartaal van 2021 met 3,3 persent gegroei het, in vergelyking met die vierde kwartaal in 2020. Op ‘n jaargrondslag het die ekonomie in 2021 met 2,4 persent gegroei na ‘n inkrimping van 8,5 persent in 2020. Theo Klein van Simonis Storm verduidelik sy verwagtinge vir verdere groei.