Namibiese ekonoom gee reaksie op SA onveranderde repo-koers

‘n Namibiese ekonoom het sy reaksie gegee op die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee wat besluit het om die terugkoopkoers onveranderd te hou op 8,25 persent. Die president van die bank, Lesetja Kganyago, sê beurtkrag en hoë kospryse is steeds risiko’s vir hoër inflasie. Die Namibiese repo-koers staan nou op 7,75 persent en die Bank van Namibië sal in Augustus nuwe rentekoerse aankondig. Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor sy verwagting vir Namibië…