Namibiese ekonomie groei met 5% in eerste kwartaal

Die Namibiese ekonomie het in reële terme ‘n groei van 5 persent gedurende die eerste kwartaal van vanjaar getoon, ‘n stadige groei in vergelyking met ‘n groei van 7,3 persent in die ooreenstemmende kwartaal van 2022. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap het die ekonomie in ‘n positiewe trajek voortgegaan vir agt opeenvolgende kwartale. Die sektore van mynbou en steengroewe het met 34,3 persent gegroei, groot- en kleinhandel met 5,7 persent en elektrisiteit en water met 16,8 persent, wat beter groeikoerse toon as wat in die eerste kwartaal van 2022 aangeteken is.