Namibiese damvlakke baie laer as verlede jaar

Namibiese damme se vlakke daal toenemend en is tans meer as die helfte laer as verlede jaar se gesamentlike vlak van 83,9 persent. Damme wat Windhoek van water voorsien, is tans gesamentlik 39 persent vol teenoor verlede jaar se 63,6 persent. Die Swakoppoortdam se vlak staan op 73,6 persent, maar pomp water oor na die Von Bachdam wat nou 27,3 persent vol is. Von Bach was verlede jaar dieselfde tydperk 51,4 persent vol. In die Suide het die Hardapdam ‘n verlies van 1,918 miljoen kubieke meter water gehad met sy vlak op 39,6 persent. Verlede jaar hierdie tyd was die Hardapdam 71,8 persent vol. Die Nautedam was verlede jaar oorvol, met sy vlak wat nou op 65,9 persent staan.